Showing 2 from 2 Items

Toggle Filters
Count:
Sort by:
Order:

Verdwaalde op die regte pad – Reagan Fortuin

Reagan Roger Fortuin is op 15 Julie 1980 te Malmesbury gebore, ’n dorp sowat 60 km vanaf Kaapstad. Hy begin sy laerskoolloopbaan te Liebenberg Primêre Skool, Malmesbury. Op laerskool reeds het hy sy liefde vir skryf gevind en verskeie gedigte geskryf. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Wesbank Sekondêr waar hy verskeie akademiese diplomas ontvang en ook met matriekvrystelling slaag.

Na hy gematrikuleer het, was hy by verskeie privaatmaatskappye werksaam en het sy liefde vir skryf opsy geskuif. Op 8 Januarie 2007 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan en begin weer met die skryf van gedigte. In April 2009 word hy gekontak om deel te neem aan ’n seminaar te Paarl oor die skryf van ’n roman.

Hy begin aan sy boek skryf, maar kon dit nooit voltooi nie na die afsterwe van sy geliefde moeder, Evelyn, en sy drie week oue seun, Shaygan.

Hy verhuis in 2011 na Vredenburg en begin met die voltooiing van sy boek. Op 29 September 2012 trou hy met Shafieka Fortuin. Hulle het vier kinders.

Reagan het ook ’n diploma in rampbestuur wat hy in 2016 aan die Southern Business School behaal het. Tans is hy ’n Sersant in die SAPD te Saldanha aan die Weskus.  In Mei 2019 kom hy in kontak met MECS Publishing, wat hom verder help om sy boek te publiseer.

read more