Showing 2 from 2 Items

Toggle Filters
Count:
Sort by:
Order:

Skaduwee Dansers – Luzanne Ehlers

Skaduwee dansers is ʼn boeiende verhaal en laat ʼn mens nadink oor die goed en kwaad in die lewe. Die Bybelse ondertoon laat ʼn mens weereens dink oor besluite in die verlede en die toekoms. Die boom beeld die familie uit (byvoorbeeld ʼn familie stamboom) en die takke elke persoon wat deeluitmaak van die familie.

Deur die oë van ʼn kind word gesien hoe lewe in die hiernamaals ervaar word. ʼn Oupa se grootste worstelling word sy grootste opoffering deur sy kleinkind te verlos van haar pyn en lyding.

Hierdie is ʼn baie interessante boek, wat die leser nie graag sal wil neersit voor die laaste woord gelees is nie.

read more