Showing 10 from 11 Items

Toggle Filters
Count:
Sort by:
Order:

Woorde Wat Heelmaak – Edna Cane Swannepoel

Woorde wat heelmaak is ‘n Digbundel met verskeie gedigte uit die pen van Edna Cane Swannepoel. Gedigte oor haar gestremdheid. Om uiting te gee aan haar emosies. / Words that heal is a Anthology with various poems from Edna Cane Swannepoel’s pen. Poems about her disability. To express her emotions.

read more

Totsiens aan gister – Edna Cane Swannepoel

Na ‘n bynanoodlottigemotorongeluken ‘n jaar se intensiewe terapie het Edna Cane-Swannepoel in alle erns begin skryf. ‘n Onvoltooide boek, wat toe reeds al ‘n paar jaar in ‘n laaigelê het, het gestalte gekrynamate Edna se lewe ook weer genees is. Die resultaat hiervan was Totsiens aan Gister, ‘n gefiksionaliseerde outobiografie oor die skrywer.

Dit is wydbekenddatskryfterapeutiesewaarde het en Edna is ‘n wandel en die voorbeeld hiervan. Na die suksesvolle voltooi in genpublikasie van Totsiens aan Gister, het sy voort gebou hier open verskeie ander boeke het uit haar pen verskyn.

Wat Totsiens aan Gister so uniek maak, is die feit dat Edna, wat eens as die Tequila Queen van Pretoria “berug” was, feitlik van voor af weer moes leer om menste word. Die ongeluk het haar van álles behalwe haar lewe gestroop. Maar sy moes tien persent breinfunksie inboeten met lewenslangeoogproblemeopeindig om haarlewetekonterugkryengelukkigte wees.

Totsiens aan Gister is ‘n merkwaardige verhaal van groei en ontwikkel. Groei, omdat dit die verhaal vertel van ‘n selfgesentreerde jong vrou wat oneindig baie foute maak terwille van gewildheid en geld. En ontwikkel, omdathierdieeinstejongvrounáhaarongelukhaarwildeverledefinaalmoesagterlaat om die gelukwaarnasy so gesmag het, te kon vind.

read more

Soektog na liefde 2: Liefde Verraai – Edna Cane Swannepoel

Tracey is alweer in die moeilikheid. Hierdie keer besef sy haar man vir wie sy so lief was is sy nie meer op verlief nie. Gavin en Judith het teruggekeer na maande se werk op die passasiersboot. As verloofdes. Maar daar is egter ‘n groot geheim met die verlowing. Tracey is by die gymnasium en is werksaam as ‘n persoonlike afrigter. Maar daar was sprake van dat die gymnasium permanent gaan sluit en Tracey het haar baie daaroor bekommer. Sodoende dat sy gereeld ‘n maagseer ontwikkel het. Dinge wil ook net nie vlot met Eric nie en sy voel haar sondes van vroeër het haar huwelik ‘n knou gegee. Dan raak Tracey swanger en dit is die finale spyker in die doodskus van haar huwelik. Maar Tracey gaan aan en dink aan God se genade. Sy gaan Hom nie weer faal nie. Charleen gaan werk ook op die skepe en ontmoet die man van haar drome daar. Gavin is ook nog gereeld op die skepe en hy ontvang goeie nuus met sy laaste vaart. Tracey is nie gelukkig nie. Dinge wil net nie vir haar uitwerk nie. Sy smag na liefde en dit is nie liefde van haar man nie. Liefde Verraai is ‘n Christelike liefdes roman wat handel oor liefde, versoekings, sorge, sonde en vergiffenis.

read more

Soektog Na Liefde – Edna Cane Swannepoel

Tracey is ‘n instuktrise by die plaaslike gimnasium in Mosselbaai. Haar ma raak ernstig siek en sy moet haar werk prys gee om haar voltyds te versorg. Haar ma se toestand versleg so dat sy en haar man, Eric haar ma in ‘n te huis moet inboek met hulle eie geld en hulle neem ‘n verband op hulle huis. Dan begin dit sleg gaan by Eric se werk en hy moet heelwat ure afstaan. Dit wil sê hulle kan nie meer die verband op die huis bekostig nie. Alles loop skeef en Eric steek sy trots in sy sak en weerhou Tracey om hulle sitasie met vriende en familie te deel. Veral met sy boetie Gavin en haar sussie Judith. Tracey gee haar later oor aan erge versoekings en sy kan nie help om te swig nie. Dan begin dit weer finasieël beter met hulle gaan maar Tracey is bang wat kan gebeur as Eric van haar ‘sondes’ uitvind. Sy is nog lief vir hom en besluit om te bieg, maar verwag die ergste. Tracey begin dan God se genade leer ken en haar huwelik is veilig. Soektog na liefde handel oor versoeking, vergiffenis, liefde, sonde, familie en genade. 

read more

Kaptein Le Roux – Edna Cane Swannepoel

Daniël Le Roux is ‘n kaptein in die polisie by ‘n klein dorpie buite Witbank. Sy kollega is Hettie Olivier en saam bring hulle die stad se misdaad onder beheer. Daar is wel kwikslae in beide se lewens. Daniël vind uit wie sy ouers vermoor het en sy vrou Dina, probeer om die vrede te bewaar. Donald, Daniël se seun is ‘n uitblinker op die rugbyveld en Mandi, Donald se verloofde wat ook haar eie probleme het en Donald dit probeer uitsorteer vir haar. Kaptein Le Roux is ‘n Christelike Speurverhaal, wat handel oor die mense se weë in die wêreld. Wat geld en roem aan ‘n mens kan doen. Dankbaarheid en vergiffenis, spreek vry.

read more

Drome Kan Waar Word – Edna Cane Swannepoel

Sheree Stiller is ‘n sewentien jarige Christen meisie wat in Suid-Afrika woon. Sy het sewe maande tevore haar beste vriend Ricardo in ‘n skietongeluk oorlede is. Soos met enige sewentien jarige, het sy groot drome. Sy wil ‘n boek skryf, sy wil vir Wizard (‘n Bekende seuns groep wat sing en in Londen bly) liedjies skryf, sy wil eendag haar eie hotel oop maak en dan met haar ware man trou. Met Seëninge in haar lewe word al haar drome verwesenlik en sy skryf ‘n boek, Wizard nooi haar om na hulle te kom om liedjies te skryf, sy maak haar hotel oop in Londen en sy raak verlief. Maar Sheree het ‘n geheimsinnige droom ook gehad. ‘n Droom wat geen mens in haar lewe van geweet het nie. Word hierdie droom ook waar? Drome kan waar word is ‘n Christelike roman wat handel oor Drome, hoe enige meisie kan droom en dat dit vervul kan word met geloof. Drome kan waar word is Edna Cane Swannepoel se derde boek, die name: Totsiens aan gister en Soektog na liefde.        

read more

Donker hoop – Edna Cane Swannepoel

Op die oog af lyk Evah duCuenge na ‘n vrou wat alles het. Sy is ‘n suksesvolle sakevrou met haar eie beleggingsmaatskappy en sy is getroud met ‘n wonderlike man, Stan wat self ‘n vennoot in ‘n suksesvolle besigheid is. Maar sy is ongelukkig in haar huwelik; sy voel nie meer lief vir Stan nie en sy is verlief op sy ongetroude vennoot, Ryan. Evah besluit sy wil van Stan skei. Evah loop ‘n ou liefde raak wat nou in Israel bly. Derrick het ‘n roeping ontvang om in die bediening te tree en is besig om te studeer om ‘n Pastoor te word. Hy word ook Evah se geestelike mentor en lei haar op die pad na die herstel van haar en Stan se huwelik. Evah en Stan vind mekaar weer. Hul hergevonde geluk is egter van korte duur wanneer daar iets gebeur wat ‘n groot omwenteling in Evah se lewe veroorsaak. Hierna loop sy ‘n pad van geloofstryd en moet sy ook leer om finaal afskeid te neem. Gaan Evah se eie pelgrimstog na die Israeliete se beloofde land vir haar weer vrede en geluk in haar lewe bring? Donker Hoop is ‘n Christelike roman wat handel oor hartseer, verlies en verwyte en hoe dit alles deur Jesus se groot genade oorkom kan word.

read more

Edna Cane Swannepoel

Edna, ‘n geloofwaardige mens vol pret en plesier.  Haar man, familie en vriende is vir haar absoluut goud werd.  Haar familie het vir haar die bynaam Sterretjie gegee.    Edna het nou al 7 boeke geskryf en haar lesers is gaande oor haar humor en denkwyse in elke boek.  Edna is ‘n passievolle vrou, vol energie […]

read more

Contact Us

  Edna Cane Swannepoel Author and Founder / Outeur en Stigter E-mail/E-pos:  edna@mecspublishing.co.za Cell/Sel: +27 (0)72 961 5963

read more