Donker hoop – Edna Cane Swannepoel

R150.00

Category:

Description

BOEKNAAM: Donker hoop – Edna Cane Swannepoel (Gestremde outeur en stigter van Mecs Publishing)

LOKTEKS: Op die oog af lyk Evah duCuenge na ‘n vrou wat alles het. Sy is ‘n suksesvolle sakevrou met haar eie beleggingsmaatskappy en sy is getroud met ‘n wonderlike man, Stan wat self ‘n vennoot in ‘n suksesvolle besigheid is. Maar sy is ongelukkig in haar huwelik; sy voel nie meer lief vir Stan nie en sy is verlief op sy ongetroude vennoot, Ryan. Evah besluit sy wil van Stan skei. Evah loop ‘n ou liefde raak wat nou in Israel bly. Derrick het ‘n roeping ontvang om in die bediening te tree en is besig om te studeer om ‘n Pastoor te word. Hy word ook Evah se geestelike mentor en lei haar op die pad na die herstel van haar en Stan se huwelik. Evah en Stan vind mekaar weer. Hul hergevonde geluk is egter van korte duur wanneer daar iets gebeur wat ‘n groot omwenteling in Evah se lewe veroorsaak. Hierna loop sy ‘n pad van geloofstryd en moet sy ook leer om finaal afskeid te neem. Gaan Evah se eie pelgrimstog na die Israeliete se beloofde land vir haar weer vrede en geluk in haar lewe bring? Donker Hoop is ‘n Christelike roman wat handel oor hartseer, verlies en verwyte en hoe dit alles deur Jesus se groot genade oorkom kan word. Donker hoop is ‘n Christelike roman wat handel oor hartseer, verlies  en verwyte en hoe dit alles deur Jesus se groot genade oorkom kan word.

ISBN NOMMER: 978-1-928372-50-9

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.