Dagstukkies uit God se hard – Colin Lamont

R200.00

SKU: ISBN NOMMER: 978-1-928434-42-9 Category:

Description

LOKTEKS: Iets belangrik en baie kosbaar het gebeur die dag toe ek Jesus Christus as my Saligmaker en Verlosser aangeneem het. My natuur is vervang en ek is ‘n nuwe mens. Sedert hierdie gebeurtenis in my lewe is ek soos ‘n babatjie wat nuut moet leer leef. Die natuur wat ek as nasaat van Adam verkry het, was aards.

Op 10 Oktober 1999 is ek wedergebore toe ek Jesus Christus as my Saligmaker en Verlosser aanvaar het. Jesus Christus het as God se saad in my lewe kom ontkiem. Ek is dus in Christus nuut uit God gebore. God het my Vader geword met my wedergeboorte. Die onverganklike saad waaruit ons gebore is, verwys na ouerskap. Die eerste Adam is dus nie meer my vader nie. God is my Vader danksy die feit dat ek deur Sy Seun, die lewendmakende Gees wederbaar is as Sy kind. Jesus Christus het dit vir my aan die kruis gedoen en is ek ‘n kind van God en nie op grond van my eie prestasie nie. Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe – Johannes 14:6.

Die ou natuur wat ek gehad het voor my wedergeboorte is total vervang met God se natuur in Sy Seun Jesus Christus. Ek het nou ‘n goddelike natuur. In my daaglikse wandel met Jesus Christus, kom ek agter dat my gees total nuut is, maar my denke is steeds besoedel met die vrug van die boom van kennis van goed en kwaad. My reaksies en dade weerspieël dit dikwels. Dit is ‘n daaglikse en deurlopende oefening om die verstand wat die emosies beheer ondergeskik te stel aan die hart waar die Gees van God gesetel is. Die nuwe lewe in Jesus Christus neem tyd om tot volle wasdom te kom – 2 Petrus 1:3-10. Deurdat Jesus Christus my Saligmaker en Verlosser is, studeer ek aan die universiteit van die lewe en daardeur word ek mettertyd wat ek reeds in Christus is. Mynsinsiens is die mees belangrike vers in die Bybel die een wat gevind word in Johannes 14:6 waar Jesus aantoon dat Hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is.

Ek het betrokke geraak by verskillende kerkgenootskappe en my gekwalifiseer as pastoor, Christenberader en huweliksbevestiger. Ek is uitverkoop aan Jesus en beskou Christus Jesus as my “Ultimate Hero.” Sonder die Heilige Gees sou hierdie dagstukkies nie beslag gekry het nie. Hierdie is my eerste poging om dagstukkies in boekvorm te publiseer. Die dagstukkies kan baie vrae beantwoord wat lesers dalk mee rond loop.

ISBN NOMMER: 978-1-928434-42-9

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.